SAVF Leeutjieland Berei jou kind voor vir sukses...!

2015

Welkom

Leeutjieland Berei jou kleuter voor vir sukses...!

ons preprimêre skool funksioneer vir babas vanaf 3 maande tot en met kleuters  van 6 jaar (Gr.R).  

Hierdie kleuters woon in die oggende die preprimêre skool by en word in die middae op dieselfde perseel versorg. 

Ons  kleuterskool, met drie onderwysers ,  van babas,  peuters, kleuters tot gr. R-kleuters, 

staan onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF).

 

Wat beteken dit , mag u vra?

Dit beteken ons is deel van ‘n nie winsgewende organisasie wat nie op winsbejag fokus nie,

maar eerder om top kwaliteit onderrig aan ons kleuters te voorsien. 

Ons skool is geleë in ‘n deel van die ou Laerskool Newlands-terrein. 

 

           Wat bied ons?


  • Babas tot Gr.R.         
  • Pragtige babakamer
  • Gekwalifiseerde onderwyseresse 
  • Gr.R klas geregistreer by Gauteng Onderwys Departement
  • CAPS kurrikulum voorgeskryf deur Gauteng Onderwys Departement word gevolg
  • Veilige geëlektrifiseerde omheinde  ruim speel gronde
  • Noodhulp beamptes en brandbestryders
  • Voldag en halfdag pakkette
  • Ons is oop vanaf 06h30 – 17h30
  • Bied 2 maaltye en 3 versnaperinge daagliks
  • Babas tot en met 6 jaar skryf nou in!
  • Ons skool funksioneer elke skool vakansie en sluit slegs vanaf die 15 Desember

ONS SKOOL BELEID. (Doelstellings)

Die doelstelling is die volgende met betrekking tot preprimêre onderwys: Die ontwikkeling/ontplooiing van die kind as totale mens.  Ons skep vir hom ‘n speel omgewing waarin hy speel-speel kan ontwikkel as totaliteit naamlik:

Fisieke ontwikkeling:

Deur middel van spel ontwikkel die kleuter sy spiere, balans en koördinasie en ontwikkel sodoende sy fisieke vermoëns.  Aktiwiteite wat hier belangrik is, is klouter, kruip, spring, balanseer, knip en driewiel ry.  Basiese higiëne word hier ingesluit.

Sosiaal-emosionele ontwikkeling:

Die aanleer van die vermoë om met ander te deel en bedagsaam te wees. Hantering van konflik en emosies, die opbou van ‘n gesonde selfbeeld asook die hantering van dissipline.  Tydens spel kan die kleuter uiting gee aan sy gevoelens.

Kognitiewe ontwikkeling:

Ontwikkeling van die kleuter se denke.  Onderskeidingsvermoë word ontwikkel met behulp van geskikte speelgoed van verskillende vorme, teksture en kleure. ‘n Begrip vir die abstrakte  (diepte, hoogte, getalle) word ontwikkel.

Normatiewe ontwikkeling:

Elke kleuter het ‘n behoefte aan gesag.  Die doel van dissipline is om die kleuter te leer wat aanvaarbaar is sodat hy toenemend verantwoordelik kan optree.  Hy moet gaandeweg leer dat hy aanspreeklik is vir sy eie besluite en optredes.

Taalontwikkeling:

Taal is die manier waarop die kleuter uitdrukking gee aan sy emosies asook sy manier van kommunikasie met ander.  Eenvoudige, maar korrekte woordgebruik moet aan die kleuter geleer word d.m.v. gesprekvoering, sang, voordrag en konserte.

Ontwikkeling van die kunssin:

Die kleuter leer om kreatief en oorspronklik te wees wanneer daar ‘n verskeidenheid van materiaal beskikbaar is waardeur hy gestimuleer word om te skep.  Hy word toegelaat om uiting te gee aan sy skeppende drang.

Hulle word aangemoedig om te verf, sny, plak, teken, inkleur en moduleer.  Hulle sing, dans en voer ritmiese bewegings uit.

Wetenskaplike ontwikkeling:

Die kleuters doen kennis op aangaande diere, plante, insekte, lig, donker, seisoen, ens.

Instappies:  (Vind by die kleuterskool op die terrein plaas)

Ons word deur verskillende opvoedkundige instansies besoek.

Die kleuter se kennis word uitgebrei en ontwikkeling word gestimuleer.                                       

Organisasie:

Die kleuter word onderwerp aan ordelikheid deur te werk volgens ‘n dagprogram.  Die kleuters moet logies en ordelik van een aktiwiteit na ‘n ander oorskakel.  Die belangrikste aspek wat as hoeksteen vorm is  GODSDIENSVORMING.  Daarom dat ons, ons neerlê by die beginsel  CHRISTELIK NASIONAAL

Kleuteronderrig vind plaas in Afrikaans.

Wanneer al bogenoemde aspekte natuurlik ontwikkel kom skoolgereedheid outomaties na vore.  Ons leuse in die pre-primêre skool kan dus as volg opgesom word:

AL  SPELENDE  LEER  ONS  EN  LERENDE  SPEEL  ONS ...................

 WAT  EET  ONS  KLEUTERS ? (Spyskaarte in elke klas en kombuis vir besigtiging)

Ontbyt .oggend verversings, middag-ete en namiddag verversings word voorsien.

08h00     Ontbyt         

10h00     Brood met smeer, koeldrank/tee (alle kleuters)

12h00     Gebalanseerde middagete (spyskaarte in kantoor, kombuis en klasse)

15h00     Brood met smeer, koeldrank/tee (alle kleuters)

16h30     Brood met smeer, koeldrank/tee

KLEREDRAG:

Informele, gemaklike drag word verkies aangesien ‘n kleuter geweldig aktief is. Dogters moet verkieslik nie rokkies aantrek nie aangesien dogters en seuns saam speel, klim en klouter. Merk asseblief alle klere duidelik.

‘n Ekstra, skoon stel klere moet elke dag in tas/sakkie ingepak wees vir wanneer dit benodig word.

U kleuter word ontvang in ‘n “skoon en netjiese” klaskamer in die oggend.

Wanneer die kleuter in die middag huis toe gaan, sal die betrokke klaskamer nie meer “netjies en skoon” wees nie.

Die klaskamers en toilette word in die middae tussen 14h00 en 17h00 uur skoongemaak,

sodat dit alles weer netjies en skoon kan wees vir die volgende oggend.   

HOE VIER ONS VERJAARSDAE?

U is welkom om lekkernye te stuur.  

Vind uit by die onderwyseres hoeveel kleuters in die klas is sodat daar genoeg eetgoedjies vir al die kleuters is. 

ONTHOU!!   Die keuse  i.v.m. ‘n klas-partytjie berus steeds by u en u is onder geen verpligting nie

ONS  DOEN  ‘N BEROEP  OP  U  OM  AFGESIEN  VAN  VERJAARSDAE,  

GEEN LEKKERNYE  SKOOLTOE  TE  STUUR  NIE.


SPEELGOED,  JUWELE  EN  BOEKE:

Geeneen van bogenoemde items mag skool toe gebring word nie.

Indien daar per ongeluk van die skool se speelgoed huis toe geneem word, 

vra ons u vriendelik dat dit aan ons terugbesorg sal word.

SKOOL URE: 6H30 – 17H30

KLEUTERSKOOL OPEN 2DE JANUARIE   EN SLUIT DIE 15 DE DESEMBER.

AANKOMS- EN VERTREKTYE:

Ouers moet kleuters tot by die ontvangs- lokale bring en hulle afgee aan die personeel wat aan diens is. Onder geen omstandighede mag kleuters buite afgelaai word en alleen ingestuur word nie.  Dieselfde geld vir die middae.

Ouers moet spesifiseer wie gemagtig is om die kleuter by die skool te kom afhaal. Hierdie inligting word op rekord gehou en die kleuter mag aan geen ander persoon gegee word nie.

Indien die kleuter deur ‘n ander persoon afgehaal moet word, moet ons vooraf skriftelik in kennis gestel word van die persoon se naam en ook ‘n beskrywing van hoe die persoon lyk. 

Dit is net vir die veiligheid van ons kleuters.

Wanneer kleuters weer kom haal word, moet die register geteken word vir kontrole doeleindes